Jacques-arendt-promotions


 

Professional DJ & MC

Professionele Dj & Seremoniemeester


Follow me on:    Request a FREE Quote

Samro-licensed-dj
Month:
Author:
Category:
  Search

Trou Beplanning Aftiklys

BY Mooi Troues

 11 – 12 MAANDE:


Maak seker jy vertel vir almal van jou verlowing.
Laat ontwerp vir jou, jou eie trou webtuiste.  Dit hou jou gaste almal bymekaar en is ‘n makliker manier om alles te kommunikeer via julle eie persoonlike webtuiste as om elke een individueel te kontak.  Klik hier om te kyk na ontwerpers wat ons kan voorstel.
Kies ‘n datum.  Die tyd is ook belangrik, maar vir eers, kies net ‘n datum sodat jy Diensverskaffers kan kontak en hoor of hulle wel beskikbaar is.
As julle families nog nie ontmoet het nie, is die nou die perfekte tyd om hulle te laat ontmoet.  So beplan ‘n lekker samekoms.
Nou is die tyd om eerlik te wees oor geldsake.  Maak seker julle begin werk aan ‘n begroting wat julle sak sal pas en sodoende kan julle die beplanning proses oor vergemaklik en weet waar om te soek.
Besluit op ‘n tema of styl van jou troue.
Kontak jou trou beampte oor sy beskikbaarheid om jou diens aan te bied.
Begin dink aan die hoeveelheid gaste wat julle wil nooi en finaliseer die totaal.
As julle weet hoeveel gaste julle wil hê, nou begin met die gastelys.
Maak kontak met venues waaraan jy belangstel en boek so gou as moontlik jou venue, voordat jy enige iets anders boek.
Begin na Diensverskaffers vir jou troudag te kyk, veral jou fotograaf en rok.
 

9 – 10 MAANDE:


Teen die tyd sal jy al weet min of meer watter tiepe trourok jy opsoek is na.  Maak jou finale besluit en bestel solank jou trourok.
Nadat jy die venue besluit het, begin kyk na verblyf plekke vir jou gaste.  Al betaal julle dit nie, dit is altyd om ‘n reëling met plekke te maak en indien meer as ‘n seker aantal mense boek kan hulle ‘n afslag prys kry.
Bruidegom: Kies jou strooijonkers
Bruid: Kies jou strooimeisies en hoof bruidsmeisies.
Begin om Diensverskaffers te kontak en ontmoet oor jou troudag en begin die waarvan jy baie hou te boek.  Onthou goeie Diensverskaffers word lank vooruit geboek, so as daar iemand is waarvan jy regtig baie hou, boek hom/haar so spoedig moontlik.



7 – 8 MAANDE:

Begin te dink aan julle wittebrood planne en begin met die reëlings.  Al is dit ‘n verassing maak seker jou paspoort en alles is in order indien jy wel die land sal verlaat.
Begin soek na strooimeisie en -jonker se rokke en pakke, sodat dit inpas by die res van jou trou kleurskema en tema’s.  Jy kan altyd later klein verstellings laat doen.
Nou is die perfekte tyd om te begin skimp vir jou droom trouring.  Maak seker julle albei weet wat julle wil hê.  ‘n Trouring is ‘n lewenslange belegging, so maak seker jy koop iets waarvan jy regtig baie hou en wat tydloos is.
Begin nou te registreer vir jou kombuis-tee geskenk register en ook begin uitkyk vir trouregisters solank.
Begin skryfbehoeftes ontwerpers kontak oor jou “spaar die datum” kaartjies asook jou uitnodigings.
Registreer ook op aanlyn Publikasies, soos Mooi Troues om gratis skryfbehoeftes te kry wat jy maklik kan aflaai en self laat druk. Dit is net nog ‘n manier om ekstra mooi goedjies by jou troudag te hê.
Kies jou trou fotograaf en boek hom/haar.  Jy kan dit vroeër ook doen, omdat baie fotograwe vinnig vol geboek word vir die volgende seisoen.

 5 – 6 MAANDE:

Finaliseer jou gastelys.
Begin “spaar die datum” kaartjies uitstuur na gaste toe.
Begin rondsoek vir spysenering en troukoeke en begin proe sessies te boek, om seker te maak dit is wat jy ingedagte het.
Dit is nou die perfekte tyd om vir die bruidegom ‘n pak te begin soek.

3 – 4 MAANDE:

Begin om goed te bestel vir jou troue wanneer dit kom by beligting, ekstra dekor items en ook drank vir jou troue (indien daar nie ‘n kroeg is nie).
Finaliseer jou spyseniering (indien dit nie met venue gedoen word nie) en besluit op jou finale keuses van julle spyskaart.
Maak seker jy het al jou Diensverskaffers geboek en hulle deposito’s betaal.
Stuur inligting uit oor verblyf na gaste wat van ver af na jou troue toe reis.
Koop gaste se geskenkie of indien jy dit self gaan maak, begin solank, want van nou af gaan die tyd baie vinnig verby.
Begin om jou trou toespraak te skryf.

2 MAANDE:
  
Stuur jou uitnodigings uit.
Doen jou grimering en hare proef.
Finaliseer jou wittebrood planne.
Finaliseer jou platejoggie se lys van musiek en wat moet speel as julle inloop by die venue, eerste dans ens.
Maak weer kontak met Diensverskaffers en maak net weer seker almal weet wat aangaan en wat gedoen moet word.
Boek julle repetisie aandete met die families.
 

‘n MAAND VOOR DIE TYD:


Koop geskenke vir die Strooimeisie en -jonkers.
Skeduleer jou laaste aanpas sessie vir jou trourok en maak seker jou strooimeisies pas hulle rokke ook voor die tyd aan en sodoende die strooijonkers.
Bestel enige laaste huur items soos ligte, stoele ens.
Beplan Vervoer vir strooimeisies, strooijonkers en gaste wat nie Vervoer het nie.
Bel gaste wat nog nie ge-RSVP het nie om te hoor of hulle die Uitnodiging ontvang het en wat hulle besluit is.
Bevestig die wittebrood reëlings.
Bevestig of julle trouringe klaar is en gaan tel dit op en maak seker dit is op versekering.
Maak seker jy het al jou ekstra klein bykomstighede bymekaar.

1 WEEK VOOR DIE TYD:


Maak finale betaling aan Diensverskaffers en stuur vir hulle finale reëlings weer ‘n keer.
Reël finale tye met verskaffers en die venue.

DIE DAG VOOR DIE TROUE:


Ontspan en gaan vir ‘n lekker spa sessie.
Boek in by jou wittebrood suite waar jy gaan klaar maak.
Onthou om nie te veel te oefen of stap sodat jy moeg is die volgende dag nie.
Gaan na die repetisie ete toe.
Gaan lekker vroeg bed toe, sodat jy op jou beste voel en lyk as jy opstaan.

 

Foto Krdiet - Fotograaf: Samantha Clifton

 September 05, 2018
Comments (0)
DJ
Mooi Troues

Leave a comment

Keep me updated?

Comments are moderated.
Be the first person to comment.
Contact us:   DJ Jacques Arendt  |     06 6265 6218 / 087 822 1332
  |   info@mydj.co.za

OK / Close