Jacques-arendt-promotions


 

Professional DJ & MC

Professionele Dj & Seremoniemeester


Follow me on:    Request a FREE Quote

Samro-licensed-dj
Month:
Author:
Category:
  Search

JACQUES ARENDT NOU SAMA en Ghoema Musiek BEOORDELAAR

BY

Die bekende Oos-Kaapse bestuurder van die BAY FM gemeenskaps radiostasie, Jacques Arendt, is pas aangestel om as beoordelaar vir die South African Music Awards (SAMA) en Afrikaanse Ghoema musiek toekennings op te tree. Hierdie benoeming as beoordelaar dui op die gewig wat verleen word aan Jacques Arendt en BAY FM se bydrae in musiekbedryf.

Die spesifieke kategorie waar Jacques sy beoordelingsvermoë gaan inspan by die SAMA is die Beste Kontemporere Musiek Album - GENRé. “Beoordelings van uitdunrondtes word aanvanklik aanlyn via die internet gedoen,” sê Jacques. “Ek is baie opgewonde oor hierdie eer wat die Oos-Kaap te beurt geval het en glo dat BAY FM se posisie as vername rolspeler in die plaaslike gemeenskap, maar ook veral in die musiekbedryf in die algemeen, hierdeur onderstreep word. Vir ‘n plaaslike gemeenskaps radiostasie om raakgesien te word deur groot geeste soos die organiseerders van die SAMA en Ghoema-toekennings, is voorwaar iets wat noemenswaardig is.” Jacques Arendt was ook in 2005 deur die ATKV vereer met ‘n AFRIKOON-toekenning vir sy bydrae tot die ontwikkeling van Afrikaanse musiek.

Die jaarlikse SAMA en Ghoema toekennings is die hoogtepunt op die Suid-Afrikaanse musiek kalender.

 December 25, 2012
Comments (0)

Leave a comment

Keep me updated?

Comments are moderated.
Be the first person to comment.
Contact us:   Jacques Arendt  |     06 6265 6218  |   info@mydj.co.za

OK / Close